| PRODUKTE | PRYSE | BYSTAND | GALERY | HOOFBLAD | ENGLISH |

Ons Missie en Mark

Sedert 2003 strewe VR Avionics in die daarstel van gehalte elektroniese toerusting vir vliegtuie om vlug daardeur veiliger en meer bevredigend te maak.

Ons hoof doel is om stelsel komponente te verskaf wat vliegtuig eienaars en vlieëniers kan vertrou om betroubaar hul voorgenome funksies te verrig. Ewe belangrik is om vooesiening te maak dat indien die stelsel sou faal dat dit ten minste grasieus sal gebeur.

Ons poog nie alleen om na die belange van die vlieënier en eienaar om te sien nie, maar ook om na die behoeftes van die installeerder en/of versiener van die vliegtuig te kyk. Ons strewe om ontfouting vinnig en meer noukeurig te maak deur beter metodes vir die optel en uitwys van foute in stelsel komponente in te bou.

Ons elektroniese toerusting verrig meestal diens aanboord turbine-aangedrewe vliegtuie van 6-sitplek luukse kajuit-klas tipes tot hoë-werkverrigting enkelsitplek kunsvliegtuie. Lugbesproeiings-vliegtuie aangewend in landbou en brandbestryding word ook toenemend toegerus met ons produkte.

Turbine Toucan Walter powered cropduster
Epic LT

Onlangse Nuus

Vlugbrandstof monitering met TSLM-M601 d.m.v FAM
Ons nuwe FAM (Fuel and Auxiliary Module) bring vlugbrandstof monitering asook ekstra aansitbeheer funksies tot Walter M601 TSLM instalasies. Die eenheid monteer agter in die VR-3PD display en stel laasgenoemde instaat om parameters soos die brandstof verbruikstempo, hoeveelheid gebruik, hoeveelheid oorblywend, asook die tyd-duurvermoë (tot leeg) aan te dui. » Lees verder

Walter M601 'Auto-Start' en meer
Ons verskaf 'n integreerde 'auto-start' beheerder wat die M601 deur die 'druk van 'n skakelaar' aansit. Die TSLM module is 'n turbine-enjin aansitbeheerder met beskermende beperker (limiter), wat enjin-parameters monitor en selfs opneem wanneer iets belangrik gebeur, soos bv. die oorskreiding van 'n enjin-parameter. » Lees verder

Propeller Ys-bestryding
Ons bied 'n kompakte propeller ys-bestrydings 'de-ice' stelsel vir toepaslike vliegtuie. Ons PDC beheerder bestuur die elektriese krag-aanwending tot propellerlemme toegerus met verhittings-elemente. Deur die stroom te meet word bepaal of die stelsel korrek werk. Status word deur instrumentpaneel-liggies aangedui. » Lees verder

Turbine Enjin Inligting Inwinning
Hierdie toestel stel EFIS stelsels instaat om turbine-enjin lesings d.m.v platskerms grafies of andersins aan te dui. Die EIU eenheid win data in d.m.v 'n verskeidenheid elektriese sensors wat op die enjin en brandstof sisteme gemonteer is. Die sensordata word deur die eenheid verwerk tot bruikbare inligting en beskikbaar gestel in seriale formaat. » Lees verder

[ sien volledige produktelys... ]