| PRODUKTE | PRYSE | BYSTAND | GALERY | HOOFBLAD | ENGLISH |

Produkte Oorsig

Elke VR Avionics produk word hier kortliks beskryf. Volg die skakels onderaan 'n beskrywing om meer van daardie produk te wete te kom. Die produkte hier kan alleenstaande of in samewerking met ander deur middel van 'n CAN netwerk ingespan word. Meer besonderhede word verskaf wanneer die skakels gevolg word.

Picture of TSLM

TSLM-M601

'n 'Auto-start' aansitbeheerder, beperker (limiter) en moniteerder van 'n Walter M601 turbine-enjin wat selfs belangrike gebeure soos parameter-oorskreiings opneem vir latere ontleding. Die TSLM eenheid maak die aansit-proses veiliger en verlig die las op die vlieënier se skouers. Elke 'start' word opgeneem wat as terugvoer kan dien om probleme uit te stryk, maar ook om langtermyn-veranderings of 'trends' op te kan tel.

» Vind meer uit omtrent die TSLM-M601

Picture of PDC

PDC1

'n Propeller Ys-bestrydings beheerder. Die eenheid skeduleer elektriese krag-aanwending na 'n verskeidenheid propeller verhitters of 'boots', monitor die stroom wat getrek word en waarsku die vlieënier wanneer die stroom buite perke gaan. Die stelsel is konfigureerbaar om aan 'n wye reeks fase tyd en stroom spesifikasies te voldoen.

» Vind meer uit omtrent die PDC1

Picture of EIU

EIU

'n Enjin data-gaarder ontwerp vir turbine enjins. Die EIU eenheid win data in d.m.v 'n verskeidenheid elektriese sensors wat op die enjin en brandstof sisteme gemonteer is. Die sensordata word deur die eenheid verwerk tot bruikbare inligting en beskikbaar gestel in seriale formaat.

» Vind meer uit omtrent die EIU

Picture of VR-3PD

VR-3PD

'n Instrumentpaneel-skerm 'display' wat die standaard 3.125" gat pas. Vertoon inligting aan die vlieënier d.m.v 'n 3 duim grootte skerm. Gee toegang tot inligting wat beskikbaar gemaak word deur 'n verskeidenheid CAN-netwerk gekoppelde VR Avionics eenhede. So kan 'n verskeidenheid parameters, bv. temperature, drukke, spoede, ens. aan die vlieënier vertoon word.

» Vind meer uit hoe die VR-3PD saam met die TSLM-M601 werk

Picture of VR-3PD

VR-3PD + FAM

'n Vlugbrandstof rekenaar wat werk saam met 'n VR-3PD. Die FAM fasiliteer die meet van vlugbrandstof-verbruik en gepaardgaande parameters. Dit monteer agter op die VR-3PD display wat laasgenoemde instaat stel om brandstof verbruikstempo, hoeveelheid gebruik, hoeveelheid onverbruik, asook die tydsduur tot leeg metings aan te dui.

» Vind meer uit hoe die FAM saam met die VR-3PD werk

Picture of SGCU

GC3

'n Generator beheerder wat die lewering van elektriese krag aan die vliegtuig behartig. Dit beheer die opwekking van gelykspanning en die koppeling met die vliegtuig se elektriese bus en beskik oor beveiliging teen 'n verkeidenheid fouttoestande.

» Vind meer uit omtrent die GC3